‘n program wat loop oor 14 weke waarin deelnemers begelei word om die seer en trauma van egskeiding te verwerk, te aanvaar en weer heel te word. Die program vir volwassenes en kinders tussen 4 en 12 word op dieselfde tydgleuf aangebied.
Celebrate recovery
Herstelvreugde groepsessies
hierdie program fokus op die “hurts, habits and hang-up’s” van die lewe. Oor 12 weke word die groep begelei om in hulle mens-wees te groei en met nuwe insig en perspektief die lewe aan te pak.
Single Parenting
Enkel ouerskap groepsessies
in hierdie program word die geweldige taak van enkelouer wees aangespreek en die deelnemers gelei en geleer om die eise te verstaan en beter te hanteer.
Lay counseling training
Leke-berading opleiding
in hierdie 12 weke program leer deelnemers die basiese luistervaardighede en word hulle blootgestel aan die veld van berading. Deelnemers word toegerus om hulle gesinne, vriende en kollegas beter te verstaan en die eerste vlak van hulp tydens krisistye te wees.